Wie is ons?

 

Technichem Oesbeskerming het homself sedert sy ontstaan in 1991 gevestig as die markleier in die verspreiding en bemarking van gehalte gewasbeskermingsmiddels, saad en top spuittoerusting in die hoof graanstreke van Suid-Afrika soos die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes Provinsie, Limpopo en Mpumalanga.

 

Ons missie:

 

Die vestiging en instandhouding van 'n professionele landbou-chemiese konsultasie- en verspreidingsnetwerk deur kundige personeel en agente, asook die lewering van gehalte landbouchemiese produkte op 'n verantwoordelike manier in 'n sensitiewe ekologiese omgewing.